Welkom by die webblad van die Ouer Onderwyser Vereniging (OOV) van Hoërskool Bellville

Gedagte…

Vyf jaar uit ‘n gemiddelde lewenstydperk van sewentig jaar is minder as tien present. Dis hoe lank ons die voorreg het as ouer om betrokke te kan wees by ons hoërskool leerder en hul omgewing. Maak jy die beste daarvan?

Hulp op Saterdae

Die OOV poog om soveel moontlik ouers betrokke te kry om deel te kan wees en ‘n verskil te kan maak. Ons soek jou om te kom help om jou kind of jou alma mater of selfs jou kind se toekomstige skool te kom ondersteun.

Teken vandag (Klik op “Help Uit” en raak deel. Kom gesels saam. Die kalender sal jou meer touwys maak oor toekomstige aangeleenthede wat by die skool plaasvind.

Hulp as koordineerder

Ons ondersteun alle aktiwiteite en benodig nog heelwat koordineerder hande. Meld aan op 29 Julie by die skool se rugby klubhuis om 18:45 en kom raak deel.

NOTA: Die webtuiste is in ‘n toetsfase om die behoefte en moontlikhede te ondersoek. Indien dit toon dat daar heelwat behoefte is hiervoor, sal die moontlikhede vorentoe verder ondersoek word. Ondersteun ons asb.

Upcoming Events

There are no upcoming events at this time.

Like Us On Facebook